The Social Dilemma- Nou, wat nou?

magriet.co Sep 28, 2020

Wie van julle het al die nuwe Netflix documentary The Social Dilemma gekyk?

Dit is ‘n ongelooflik insiggewende produksie. Ek wil nie te veel weg gee nie, dit is nogal dramaties en hulle maak staat op onkunde, maar die van julle wat dit al gekyk het, het seker, nes ek, baie groot geskrik.

Die dokumentêr is gemaak deur Jeff Orlowski en die geselskap sluit voormalige werknemers en ontwikkellaars van Google, Facebook, Instagram, Reddit, Twitter ondermeer in. Die inhoud fokus op verskeie “dilemmas”wat sosiale media vir die hede, en veral vir die toekoms in hou.

Hulle vertel hoe die platforms dikwels onwetend, aanvanklik, en later doel-bewus aangewend is om mense te manupileer en hulle swakhede uit te buit. Tiener dogters is ‘n uitsonderlik kwesbare groep. Ek het 3 dogters en dit was regtig weereens ‘n herrinering aan hoe magtig tegnologie is.

Hulle vertel ook van die alombekende ALGORHYTHM. Die algoritme is ‘n AI, of kunsmatige intelligensie stelsel wat data verwerk en proseseer om verbruikersgedrag te voorspel. Dit word aangevul en selektief per verbruiker voorberei. Tristan Harris, voormalige Etiese Ontwerper by Google, vertel hoe hierdie model van tegnologie nou al so gevorderd is, dat dit van self eksponensiëel sal ontwikkel.

Hier is die ding: Wat jy in sit, kry jy uit. Die enigste manier wat ons beter inhoud sal sien, is as ons beter inhoud deel. As ons strewe daarna om die platforms te verbeter, en ‘n meer opbouende gemeenskap skep, is dit wat ons sal uit kry. Sosiale Media gaan nêrens nie, dit is ‘n wêreld wye instelling. Dit is nogal scary, en jy is nie alleen nie. Hier is die ander ding: dit help nie jy is bang nie. In teendeel. Ek sal sê daar is geen beter tyd om jou kennis bietjie op te skerp nie. Sosiale Media is baie pret en daar is sooooooo baie geleentheid, sonder om nou rustelose nagte te hê.

Knowledge is power, moenie toelaat dat jy deur vrees oorweldig is, as gevolg van onkunde nie. Dit is normaal om geintimideerd, gefrustreerd of angstig te voel. Waaraan ons nou kan werk, is die retrospektiewe genesing en prosesseering van hierdie tegnologie wat so skielik EN geleidelik ontwikkel het.

Perspektief. Wat ‘n wonderlike ding. Dit help beslis met genesing. My agenda met sosiale media is as volg. HEAL. CREATE. CONVERT.

HEAL. Genees en verlos jouself van die druk en twyfel en moedeloosheid van “Digital fatigue”.

CREATE. Herondek die kreatiewe kant van inhoud skep en storie vertel en deel inhoud wat waarde toevoeg tot ander se lewens. Leer hoe om seker te maak dat dit veilig, wetlik en ingelig is.

CONVERT. Stel mense bekend aan ‘n ander kant van jou. Laat jou kliënte toe om jou te leer ken, hulle sal lojaal en opgewonde wees om van jou te hoor en graag in jou toekoms wil belê.

Magriet.co

Instagram: @magriet.co